Pureperdstoet - South Africa
Rivers Edge Robin Hoods Dark Knight (imp) Teelhings

Rivers Edge Robin Hoods Dark Knight (imp) Teelhings

Home Page

MINIATUURPERDJIES OP DIE REGTE PAD

Foute wat kan voorkom by miniatuurperdjies:Die growwe swaar koppe waarvan die kakebene te wyd en vleesig was. Die oogbanke te klein en die ore te grof en te wyd gespasieer. Die nek te dik en te swaar en te kort. Die skouers te regop dit het die oorsaak dat die perdjie sy nek te laag dra. Skewe bene en elmboë wat knyp. Die bors te smal. Rug te lank, moet net genoeg spasie hê vir ‘n saal. Kruisies te kort en te veel gehang na onder. Stertwortels het te laag uitgekom by die kruis.

Agterbene verkeerd geplaas met koeihakke of sekelhakke. Kootgewrigte te kort en te regop. Haarbedekking te grof wys te min kwaliteit. Keelaansluiting te dik.

Die geheelindruk moet nie die wees van ‘n ponie nie maar wel van ‘n klein perdjie.

Huney Buns of Steel

Hierdie is die foute wat ek geevalueer het wat kan voorkom by miniatuurperdjies. Ek het probeer om hierdie foute uit te skakel by my teelbeleid. En probeer om ‘n fyn en mooi efektiewe perdjie te teel. My strewe was dan om ‘n ideale miniatuurperdjie te teel, om daarin te kan slaag het ek na die volgende konformasie gestreef. ‘n Mooi fyn klein koppie met groot oogbankies en fyn en mooi gepunte oortjies, wat nie te wyd van mekaar geplaas is nie. ‘n Fyn lang nekkie met ‘n dun keelaansluiting en waarvan die nekkie so hoog moontlik op die skouer aanvoeg. Om sodoende ‘n mooi styl na te streef. Daarom is dit vir my belangrik om te selekteer vir perdjies met ‘n skuins lang skouer sodat die nek so hoog as moontlik op die skouer aanvoeg. Met ‘n kort sterk rug en ‘n lang vol boud, waarvan die stertwortel so hoog as moontlik uitkom. Beenkonformasie is van uiterste belang vir die effektiewe gebruik van die perdjies as ryperdjies asook trekperdjies. Fyn reguit bene wat so ver moontlik voorop die bors geplaas is. Verseker effektiewe gebruiksvermoë.Die kootgewrig moet eerder lank en skuins as kort en regop wees, omdat dit veerkrag en ritme verbeter. Die lang skuins skouer help sodat die nek hoog gedra kan word wat mooier vertoon. Die skuins skouer help ook dat die saal meer agtertoe op die rug geplaas is, sodat die buikgort nie teen sy elmboë skaaf nie.

Agterbene netjies vierkantig geplaas, te lang agterbene kan die oorsaak hê dat die perdjie se kruis hoër is as sy skof. By seleksie moet ook daarop gelet word, dat die perdjies se kruis nie hoër is as sy skof nie. Al hierdie eienskappe waarna ek streef is om die miniaturperdjie mooier en effektiewer vir praktiese doeleindes te teel. En om weg te beweeg van die bonkige ponietipe na ‘n meer atletiese perdjie tipe.

Teelperdjies moet op proef gestel word om te kan sien of hulle die vermoë het om die goeie eienskappe wat ons in die ras soek te teel. M.a.w die erfdwang van ‘n teelperdjie moet bepaal word deur die produk wat hy nalaat.

Op die onlangse hoefslag gesinsfees te Bloemfontein het Mnr. Charl Hertzog bekende perdeteler en beoordelaar op die luidspreker terwyl die miniatuurperdjies van die Pure Perd Stoet van Ina van Aswegen van Petrusburg vertoon is gesê:Die stoetery is op die regte pad, omdat sy wegteel van die bonkige ponietipe, na ‘n hoë kwaliteit elegante, atletiese miniatuurperdjie.